Select Page

 16 Feb 2024

MSC Splendida, The Strand Theatre

R190

Please choose a show time

09h00 – 10h15

Event Details:

Dis meer as twee dekades sedert die legendariese stem van Suid-Afrika se eerste ware superster, Gé Korsten, vir altyd stil geword het, en sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word gevier in Frans Swart se huldeblykproduksie, Gé Sing: Hoor My Lied!, wat ook die groot Oppiwater10 feesproduksie is!

Frans Swart, regisseur van Gé Sing: Hoor My Lied! sê dit is vir hom ‘n besondere groot voorreg om hulde te bring aan hierdie ikoniese sanger en kunstenaar.  “As daar ooit ‘n superster in Suid-Afrika was, dan was dit Gé!  Ek was bevoorreg om Gé persoonlik te kon geken het, want as jong kameraman by SAUK-TV, was ek kameraman vir ‘n paar seisoene van die gewilde TV-program, Gé Sing.  Daarna het ons baie goeie vriende geword en het ek die mees ongelooflike respek vir hierdie kunstenaar ontwikkel.  Hy was nie net sanger nie, maar hy was ‘n mentor vir soveel mense in die bedryf.  Hy was gesinsman, adminstrateur, vriend, akteur, sanger, orator, vegter vir die opera en legende!”

Arina de Witt & Andrè Schwartz

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com