16 Feb 2024
MSC Splendida, The AFT Lounge
R100
Please choose a show time
11h30 – 12h45
Event Details:
Die Broers, Christo, Cobus en Nic is alombekend vir hul harmonieuse sang en polsende liedjies. Hulle maak al van jongs af saam musiek en het reeds op laerskool in kore gesing en formele opleiding in onder andere klavier, trompet, kitaar en kontrabas ontvang. Die Broers het musiek as voltydse beroep gekies en toer vandag die land vol met konserte en optredes. Dit was onvermydelik dat Die Broers ‘n Gospel-album sou opneem en het die eerste “Voetspore”-album in 2011 verskyn. In die spore Van Jesus is Die Broers se konsertweergawe van hulle gospeltreffers en het die vertonings ‘n baie akoestiese gevoel, met slegs kitaar, baskitaar en klavier wat gebruik word. Dit verseker dat die intensiteit van die lirieke nie net gehoor word nie, maar ook met diep emosie gevoel word.
Met ‘n spesiale boodskap gebring deur ds Francois Gouws op hierdie spesiale Vrydagoggend in die middel van die oseaan.
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com