16 Feb 2024
MSC Splendida, The AFT Lounge
R120
Please choose a show time
18h30 – 19h45
Event Details:
Pieter Smith is een van die bekendste kunstenaars in Suid-Afrika. In Van Stukkie van der Merwe tot Willemiena van Gezina, neem Pieter ons op ‘n nostalgiese reis deur sy loopbaan.
Ons almal ken die TV-kenwysies soos Haas Das, Trompie, Heidi en vele meer wat deur Pieter nuwe lewe ingeblaas word. Ons gaan ook van sy groot treffers hoor soos Op die eerste een, Stukkie Van der Merwe en Willemiena van Gezina. Pieter beloof dat die vertoning ook ‘n akoestiese afdeling gaan hê, maar as jy gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en net nog ‘n show bywoon, het jy ‘n fout gemaak! Saamsing en vermaak uit die boonste rakke is nader aan die waarheid – veral van hierdie Pieter Smith-show in jou eie sitkamer.
Jol sommer saam met jou sloppies aan. Een van die hoogtepunte tydens die optrede is ook Pieter se kitaar solostukke waarmee hy die gehoor trakteer en telkemale met nuwe tegnieke verras – vervolmaakte kitaartegniek in die beste vorm denkbaar. ‘n Vertoning wat gestand doen aan die belofte van nostalgie en ‘n heerlike partytjie.
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com