Select Page
?

 15 Feb 2024

MSC Splendida, The AFT Lounge

R120

Please choose a show time

18h30 – 19h45

Event Details:

Valiant Swart is een van die mees legendariese kunstenaars in Suid-Afrika.  Sy debuutalbum, Die Mystic Boer, is in 1995 deur Rhythm Records uitgereik.  Swart se naam is volgens die musikant ‘n verwysing na die swart Valiant wat sy pa gery het toe hy nog kind was. Een van Valiant se grootste treffers, “Die Mystic Boer” toon ooreenkomste met die gedig “Raka” van NP van Wyk Louw en spreek kwessies rondom die identiteit van die Afrikaner en sy soeke na ‘n nuwe besef aan.  Daarna volg heelwat treffers soos Sonvanger, Eyeshadow, Jakarandastrate, Liefde in die Suburbs en vele meer.

Hy was ook ‘n hoofakteur in die TV-reeks Song vir Katryn en het ‘n reisprogram oor jazzmusiek vir kykNET genaamd 40 dae deur die Delta, asook ‘n kuier-/reisprogram Mooiloop, vervaardig.

In 2008 word hy saam met Ollie Viljoen met ‘n SAMA-toekenning vir hulle album Vuur en vlam in die kategorie Beste Afrikaanse Tradisionele Album bekroon.

Valiant sê dat hy so pas ‘n nuwe album, Rondry, fliek en die buitelewe uitgereik het en van die nuwe songs, soos Lied van die langpad sal beslis gehoor kan word. “Maar moenie bekommerd wees nie – ek gaan beslis al my ou treffers ook sing.”

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com