15 Feb 2024
MSC Splendida, The Purple Jazz Bar
R150
Please choose a show time
20h00 – 22H00
Event Details:
Goeie wyn, poësie en die Afrikaanse luisterliedjie is beslis goeie pasmaats! Veral ook uniek en eiesoortig hier op die Oppiwater Kunstefees. Johan Rademan is ‘n meester voordraer en met wonderlike poësie, kan jy ‘n paar glasies Van Loveren Wyne geniet. Daarmee saam vergas Christo Snyman ons met die die beste Afrikaanse en ander luisterliedjies op sy ghitaar. Omdat die Oppiwater Kunstefees vanjaar gedurende die Valentynsweek aangebied word, gaan die fokus van DIE WYN DIE VROU DIE LIED beslis op die liefde val.
Van Loveren Wyne bied vir ons ‘n gratis wynproe aan met van hulle beste wyne. Die wynproe sal ingelei word deur Van Loveren Wyne. Wynand Retief se twee seuns, Phillip en Neil en Nico Retief se twee seuns, Bussel en Hennie, die vier neefs, het onder andere die baie gewilde en suksesvolle handelsmerk, FOUR COUSINS begin. Van Loveren Wyne is in die hande van die vier Retief-neefs. Van Loveren Wyne spog vandag ook met hulle eie Skotse Whiskey, SCOTTISH COUSIN. Kom kuier heerlik saam met Van Loveren Wyne.
WENK: Gryp sommer vir jou ‘n bordjie soutighede by enige van die Buffet Restaurante soos ‘n paar stukkies kaas, pizza en heerlike Italiaanse brood oppad na die wynproe by The Purple Jazz Bar om die wyn meer te geniet met ietsie souts om aan te knibbel.
Van Loveren Wyne sal in al die kroeë en restaurante beskikbaar wees teen ‘n baie spesiale aanbod. As u wyn bestel, dring asseblief aan op Van Loveren Wyn. Dit is wonderlike wyne en u gaan beslis ‘n paar Dollars bespaar hier op ons Kunsskippie!
Johan Rademan, Christo Snyman & Van Loveren Wyne
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com