Select Page

 13 Feb 2024

MSC Splendida, The AFT Lounge

R150

Please choose a show time

15h00 – 16h15

Event Details:

Helenè Bester bring in haar produksie – Helenè Bester sing Nana Mouskouri – hulde aan hierdie ikoniese Griekse sangeres.  Die teks en regie word hanteer deur Frans Swart van Lefra Produksies en musiekregie is te danke aan Heinrich Pelser – ook Helenè se begeleier, tydens die Mouskouri-vertonings.  “Ek het nog altyd daarop gehoop om ‘n Nana-vertoning te doen.   Ek is so mal oor haar stem en ek en my sussie het met haar musiek groot geword” vertel Helenè. “Ons het regtig gedink dat sy ‘n vriendin is van my ma. My ma en sy lyk so eenders.  Tog dink ek dat die tyd nou eers ryp is vir my om die vertoning te doen.  Ek glo nie dat ek hierdie musiek so goed sou kon interpreteer 10 jaar terug nie.  My stem is ook ouer en klink dalk meer volwasse, wat ek glo meer by haar teikengehoor aanklank vind.”

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com