13 Feb 2024
MSC Splendida, The AFT Lounge
R120
Please choose a show time
18h30 – 19h45
Event Details:
Groep 2 met Gert van Tonder en Sias Reinecke was legendaries in Suid-Afrika. Met hulle groot treffers soos Die oukralliedjie, Die padda wou gaan opsit en Daar is niks soos ware liefde nie, het Groep 2 alle rekords in die musiekbedryf laat spat. Met hulle gewildheid in Suid-Afrika het hulle ook in 1968 liedjies by die EMI Ateljee in Londen opgeneem (waar die Beatles al hulle treffers opgeneem het) – Mangwane Mpulele en Little Go Go Girl. Sias is in 1977 aan ‘n hartaanval oorlede na sy solo treffer, Sproetjies. Gert het veral ook bekendheid verwerf as aanbieder van Wielie Walie. In hierdie produksie bring Christo Snyman en Pieter Smith hulde aan Groep 2
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com