Select Page

 14 Feb 2024

MSC Splendida, The Purple Jazz Bar

 R100

Please choose a show time

20h30 – 21h45

Add to Cart R100

Event Details:

Hoe moeiliker dit gaan met die land en die feit dat ons meer in donker gehul is as lig, keer dit nie die Kitaarkêrels om Jolyt te hou nie! Ja, hulle lig sommer die gemoed uit staanspoor met Sharky Town Skoffel; die eerste snit op hul splinternuwe album, 3 Ghitaar Jolyt. Hennie de Bruyn het homself deur die jare oor en oor bewys as ‘n kêrel wat ‘n kitaar kan slaan en saarn is die driemanskap pure genot as hulle die kitare nader trek. Hennie het die kuns vervolmaak om musiek te maak wat nie net lekkerluister is nie, maar ook lekker dans-musiek is. Met vinnige vingers Tippi Tin hulle oor die snare, maak ‘n Langpad Kwêla kort en met Fanie en Penny se setees is dit net een pad, Kom laat ons dans. Dis reg, alles treffers van hul nuwe album.

Hennie was al die jare ‘n ambagsman, maar het reeds op die ouderdom van tien jaar geleer hoe om die kitaar te bemeester. Vandag is Hennie ‘n huishoudelike naam met at meer as 23 albums op die rak, wat pronk saam die talle DVD’s, SATMA-, SAMA en GHOEMA-toekennings, om ‘n paar te noem.

Kom dans heerlik saam met jou geliefde op Valentynsdag!

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com