Die Dood van die Founmannetjie en ander Ferdinand Deist Weskusstories · LTickets
Die Dood van die Founmannetjie en ander Ferdinand Deist Weskusstories plakkaat
Teater

Die Dood van die Founmannetjie en ander Ferdinand Deist Weskusstories

Met Botha Enslin

  • Vertoning Maandag 15 Februarie 2027 om 09:00
  • PlekBar del Duomo, MSC Armonia
  • Duur75 minute
  • KaartjiesVanaf R190 + R5 bespreekfooi per kaartjie

Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.

Bespreek

Kry jou kaartjies

Kies 'n datum
Kies jou kaartjies
Algemene toegang
R190

Hoogstens 20 kaartjies per bestelling. Plus R5 bespreekfooi per kaartjie.

Jou besonderhede
Ons stuur jou kaartjies na hierdie adres.

Geen rekening nodig nie. Het jy reeds een? Teken in sodat jou kaartjies ook onder My kaartjies verskyn.

Oor die produksie

Die Dood van die Founmannetjie en ander Ferdinand Deist Weskusstories

Soos ’n bontspul vygies wat in ’n dorre Sandveldse landskap uitbars, so kleurryk is die mense wat hierdie streek aan ons land se Weskus hul tuiste noem. Sommige groots soos hul omgewing, of klein en dwaas soos mense ook maar is. Botha Enslin bring ’n keur van gewilde kontreistories, geskryf in tipiese streekstaal wat handel oor ’n unieke wêreld en sy mense, na die verhoog toe in Die Pomporrelkonsert.

“Daar is Oompie Paul se Groot Nood, Die Dood vannie Founmannetjie en Die Oorbesige prekkereer wat begin: “Kyk, ek weet nou nie of jy die storie ken vannie moles wat daar die keer innie hemel gewees ’t toet Petrus die duiwel wel gedagvaar ’t nie…”. Ons ontmoet ook vir Pensie, nurse Drientjie van Schalkwyk, Tanta Anna, sy met die wye tande en natuurlik Dirk Ligter, die nimlike hy...”, sê Botha, wat in die produksie lewe gee aan meer as 35 karakters. “Botha Enslin is ’n meester van karakterisering”, sê regisseur Frans Swart. “Hierdie man kan net met ’n draai en ’n beweging vir jou die volgende karakter gee. Hy is ongelooflik talentvol.”

Teks
Ferdinand Deist, Jan Spies, Boerneef, Frans Swart
Regisseur
Frans Swart