Magda en haar Erhard: how “Louw” can you go?
Magda en Erhard Louw besluit om die pad te vat en die verhoog aanboord die MSC Armonia te betree.
- Volgende vertoning Sondag 14 Februarie 2027 om 22:00 · 2 datums
- PlekTeatro La Fenice, MSC Armonia
- Duur70 minute
- KaartjiesVanaf R250 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Magda en haar Erhard: how “Louw” can you go?
Magda en Erhard Louw besluit om die pad te vat en die verhoog aanboord die MSC Armonia te betree, so naelkouend en mompelend soos net hulle kan! Die tema van hulle teaterproduksie aanboord is die liefde, maar die liefde uit Magda en Erhard se perspektief is effens anders as die liefde waarvan ons in boeke lees of in films sien. In die teaterproduksie (of konsert soos Erhard dit noem) sien ons hoe Magda en Erhard hulle bes probeer, maar dit sukkel. Is hulle reg om die verhoog by die Teatro le Fenice op die MSC Armonia te betree?
In ’n tipe “Noises Off!” formaat neem Erhard (Hannes van Wyk) en Magda (Desirè Gardner) ons deur die proses totdat hulle uiteindelik ook saam met die gehoor die waansinnigheid van die liefde en die lewe aanspreek. Hulle gesels oor vergifnis, hoe om in die eg verbind te bly sonder om gearresteer te word of daardie einste eg te verbreek. Hulle gesels oor leënessindroom, volpens-sindroom en al die ander sindrome wat mens moet aanvaar soos die middeljare jou tref. Kom kry JOU kuns Oppiwater! Bespreek nou by www.oppiwater.co.za
- Met Desirè Gardner, Hannes van Wyk