Wandel deur my woorde: Die storie van Christiaan Baartman se musiek
Met Christiaan Baartman
- Vertoning Woensdag 17 Februarie 2027 om 11:30
- PlekBar del Duomo, MSC Armonia
- Duur75 minute
- KaartjiesVanaf R190 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Wandel deur my woorde: Die storie van Christiaan Baartman se musiek
Christiaan Baartman se musikale reis strek ver buite die Suid-Afrikaanse grense. As amptelike lid van die gesogte Nashville Songwriters Association deel Christiaan boeiende anekdotes oor sy reise na Tennessee en Indië, hoe globale klanke en die Amerikaanse storievertel-tradisie sy pen verryk het, sowel as meesleurende verwerkings van gehoude akoestiese gunstelinge. Wandel deur my woorde bied aan feesgangers ’n onvergeetlike, nostalgiese kuierervaring waar musiek, reise en menswees naadloos op die Indiese Oseaan ineenvloei. Met ’n roemryke loopbaan van meer as twee dekades in die Afrikaanse musiekbedryf bring die bekroonde sanger, liedjieskrywer en vervaardiger Christiaan Baartman sy splinternuwe storiemusiek-produksie, Wandel deur my woorde: Die storie van Christiaan Baartman se musiek, na die Oppiwater Kunstefees 2027. RSG-luisteraars ken sy kenmerkende stem en meesleurende radiotreffers soos Somernagte, Asem, Stof en Huppel in my stap. In dié intieme akoestiese vertoning neem Christiaan die gehoor agter die skerms van sy bekendste musiek en ontbloot die eerlike, hartroerende en dikwels humoristiese verhale wat gelei het tot die ontstaan van sy gewildste lirieke.