Het van Verlangekraal
Met Ana van Achterbergh, Etienne du Plessis, Henco J, Botha Enslin, Nikita Meyer, Ulrich Slabbert en Zanje Bodenstein
- Datum5 – 7 Maart 2027
- PlekDrama, SA State Theatre
- Duur135 minute
- PrysKaartjies by Webtickets
Bespreek
5 – 7 Maart 2027
Drama, SA State Theatre
Kaartjies by Webtickets
- Vrydag 5 Maart 2027 om 19:00
- Sondag 7 Maart 2027 om 15:00
Jy word na webtickets.co.za geneem.
Oor die produksie
Het van Verlangekraal
Het van Verlangekraal bring die storie van Het Heiberg, die weggooikind wat ’n dorpie se naam sou verewig, na die verhoog – hierdie keer uit háár perspektief. Sy kom in opstand teen ’n rigiede skoolsisteem wat geen ruimte laat vir individualiteit nie.
Net Meneer Doep staan tussen haar en die streng skoolhoof, meneer Erlank, terwyl sy haar plek in die wêreld probeer vind. Hierdie diep menslike en ontroerende verhaal wys vir die eerste keer wat in Het se gedagtes aangegaan het, wie in haar lewe saak gemaak het en hoe sy uiteindelik oorleef het.
Die oorspronklike verhaal, geskryf deur Johann Bekker en gepubliseer in 1960, het reeds ’n ryk geskiedenis.
Leon van Nierop het die verhaal oor dekades heen aangepak – van ’n televisiereeks tot radioverwerking en roman – en bring dit nou na die verhoog in ’n nuwe gedaante.
- Verwerking
- Leon van Nierop
- Na die verhaal van
- Johann Bekker
- Regie
- Frans Swart