Magda en haar Erhard: how “Louw” can you go?
Met Desirè Gardner, Hannes van Wyk
- Vertoning Sondag 11 Oktober 2026 om 15:00
- PlekTheatre of Marcellus, Emperors Palace, Kempton Park
- Duur60 minute
- KaartjiesVanaf R160 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Magda en haar Erhard: how “Louw” can you go?
Magda en Erhard Louw besluit om die pad te vat en die verhoog te betree, so naelkouend en mompelend soos net hulle kan! Die tema van hulle teaterdebuut is die liefde, maar die liefde uit Magda en Erhard se perspektief is effens anders as die liefde waarvan ons in boeke lees of in films sien. In die teaterproduksie (of konsert soos Erhard dit noem) sien ons hoe Magda en Erhard hulle bes probeer, maar dit sukkel. Is hulle reg om die verhoog by die Theatre of Marcellus by Emperors Palace te betree?
In ’n tipe “Noises Off!” formaat neem Erhard (Hannes van Wyk) en Magda (Desirè Gardner) ons deur die proses totdat hulle uiteindelik ook saam met die gehoor die waansinnigheid van die liefde en die lewe aanspreek. Hulle gesels oor vergifnis, hoe om in die eg verbind te bly sonder om gearresteer te word of daardie einste eg te verbreek. Hulle gesels oor leënessindroom, volpens-sindroom en al die ander sindrome wat mens moet aanvaar soos die middeljare jou tref.