Select Page

 29 September 2024

Theatre of Marcellus, Emperors Palace

 From R180 – R320

Please choose a show time

15:00 – 16:45

Event Details:

Met Andrè Schwartz, Louis Loock, Arina de Witt en Stephanie Baartman

Musikale regisseur: Chanie Jonker
Reks en regie: Frans Swart

Dit is vanjaar 25 jaar sedert die legendariese stem van Suid-Afrika se eerste ware superster, Gé Korsten, vir altyd stil geword het, en sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word gevier in Frans Swart se huldeblykproduksie, Gé Sing: Hoor My Lied! Die produksie word op Sondag, 29 September om 15:00 in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace in Kempton Park aangebied. Besprekings kan aanlyn by www.LTickets.co.za gedoen word, en groepe van 10 of meer kry oudergewoonte ‘n lekker afslag.

Frans Swart, regisseur van Gé Sing: Hoor My Lied sê dit is vir hom ‘n besondere groot voorreg om hulde te bring aan hierdie ikoniese sanger en kunstenaar. “As daar ooit ‘n superster in Suid-Afrika was, dan was dit Gé! Ek was bevoorreg om Gé persoonlik te kon geken het, want as jong kameraman by SAUK-TV, was ek kameraman vir ‘n paar seisoene van die gewilde TV-program, Gé Sing. Daarna het ons baie goeie vriende geword en het ek die mees ongelooflike respek vir hierdie kunstenaar ontwikkel. Hy was nie net sanger nie, maar hy was ‘n mentor vir soveel mense in die bedryf. Hy was gesinsman, adminstrateur, vriend, akteur, sanger, orator, vegter vir die opera en legende!”

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com