Select Page

 26 March 2025

 MSC Musica, Crystal Lounge

  R150

Please choose a show time

19:00 – 20:15

Event Details:

met Mathys Roets.

Kom reis saam. Mathys sing oor sprokies en stories en drome en neem die gehoor op ‘n reis van hulle eie drome en prentjies. Saam onthou ons die spesiale plekke en foto’s. Met Koos du Plessis, Coenie de Villiers, Koos Kombuis en Valiant Swart. Kom lag en droom en ontdek weer jou spesiale plekke en herinneringe.

’n Besonderse eer het Mathys Roets te beurt geval toe een van die liedjies wat hy sing, In my Lewe, buitengewone erkenning deur die FAK gekry het. Die besonderse lirieke vertel ’n aangrypende storie van die dinge wat een man deurmaak in sy lewe. Die lied is in 1999 deur Nardus geskryf en gereeld deur sy musiekgroep, Die Kaalkop Waarheid, gesing. Mathys Roets vertel dat hy ná sy motorfietsongeluk waarin hy die gebruik van sy bene verloor het, een aand saam met ’n groep ouens wat almal in rolstoele is, ’n musiekvertoning van Die Kaalkop Waarheid bygewoon het. Dit was ’n fondsinsamelingsgeleentheid ten bate van rolstoelbasketbal. Dié aand het Mathys die lied vir die eerste keer gehoor en na afloop van die vertoning vir Nardus gevra of hy dit ook kan sing. Natuurlik het Nardus ingestem. “Nardus het iets aangrypends reggekry met die skryf van hierdie lied. Hy het dit so geskryf dat dit op enigeen se lewe van toepassing kan wees. Elkeen van ons ken ’n storie of elkeen het ’n ondervinding waarvan daar vertel word in In my Lewe,” sê Mathys.

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com