Select Page

 26 March 2025

 MSC Musica, Teatro La Scala

 R150

Please choose a show time

21:00 – 22:15

Event Details:

Met: Koos van der Merwe

Eers was die meeste Leonard Cohen-aanhangers skepties: “Hoe kan enigiemand waag om Cohen se onvergelykbare poëtiese lirieke in Afrikaans te vertaal?” Maar skeptisisme het gou verander in verwondering, en die album was ’n ongekende sukses.

Dis nou ’n dekade later en gehore is opnuut in vervoering oor Koos van der Merwe se nuwe Afrikaanse akoestiese weergawes van treffers soos “Dance Me to the End of Love”, “Suzanne”, “Hallelujah” en “Famous Blue Raincoat”.

Die betowerende melodieë van Cohen, Koos se Afrikaans soos die siel daarna verlang, asook sy eie gedigte en soms droë, humoristiese vertellinge, is ’n afspraak soos min. Dalk as jy begin oorgee en toelaat dat die diep melancholiese musiek jou meesleur, sal jy nie net peinsend in verwondering stil wil sit nie, maar voel dis tyd vir rooiwyn en ’n lang stadige dans…

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com