Select Page

 26 March 2025

 MSC Musica, Crystal Lounge

 R150

Please choose a show time

12:00 – 13:15

Event Details:

met Coenie de Villiers
‘n Musiekreis op see
Met gaskunstenaar Ruben Gerritz

Musieklegende Coenie de Villiers keer terug na die verhoog met ‘n splinternuwe vertoning, Op ‘n Eiland. “Daar is liedjies in die vertoning wat ek vir die eerste keer uitvoer, maar die lekkerste deel van die nuwe program is dat ek en die gehoor saam op reis gaan,” vertel hy.

De Villiers speel hierdie vertoning heel gepas eenmalig op see tydens die RSG OPPIWATER-kunstefees in 2025. Kitaar-virtuoos Ruben Gerritz sluit by hom op die verhoog aan.

De Villiers sê die produksie vertel die stories-agter-die stories van sy jare op die eiland Ciprus en sluit ook van die liedere in wat hy op dié eiland en in Griekeland geskep en opgeneem het. “Daar is die storie-agter-die-storie – insidente en verhale wat ek nog nooit met ‘n gehoor gedeel het nie. Daar is ook ander reisverhale wat ek deur middel van my musiek vertel. Om te reis is vir my ‘n inspirasie en dís wat ek met die gehoor wil deel.”

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com