Select Page

 23 March 2025

 MSC Musica, Teatro La Scala

  R150

Please choose a show time

13:00 – 14:15

Event Details:

met Coenie de Villiers

Coenie de Villiers word allerweë erken as een van nie alleen Afrikaans se beste liedjieskrywers nie, maar een van Suid-Afrika se voorste klavier-maestro’s, sangers en komponiste. Hy het 22 albums op sy kerfstok, talle toekennings ontvang, en dwarsdeur die wêreld opgetree. Hier aan huis word hy geken aan hoe mooi hy die Karoo kan besing, veral vir sy werk saam met skrywer Deon Meyer. En dan natuurlik die ikoniese lied Karoonag.

Maar musiekliefhebbers wat Coenie se werk ken en waardeer, ken hom as die skepper van van die mooiste liefdesliedere in Afrikaans. Uit sy pen en onder sy vingers vloei van die treffendste liriek en musiek oor die liefde, die liefde in al sy gedaantes. Daar is liedere wat wonder oor die aard van die liefde en komposisies wat die skoonheid daarvan besing. Maar dan is daar ook van die mees aangrypende werk in Afrikaans wat die verlies van liefde vasvang; wat sin maak van die verlies van die liefde, daardie ontwykende vlinder van geluk.

In die debuut-vertoning Wie kan my sê van die Liefde delf Coenie de Villiers vir die eerste keer diep in hierdie liedereskat om sy liefdesliedere in ‘n enkele vertoning met ‘n gehoor te deel. Moet dit nie misloop nie!

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com