Select Page

 26 March 2025

 MSC Musica, Crystal Lounge

 R100

Please choose a show time

22:00 – 23:15

Event Details:

Alwyn Oberholster is ‘n gunsteling in die Afrikaanse musiekbedryf. Alwyn is gewild en bekend onder gehore vir sy briljante vertolking van die ouer treffers deur sangers soos Billy Joel, Neil Diamond, Allen Jackson, die Staccatos, die Bee Gees en vele meer. Alwyn kuier saam op die Kappityt Fees met sy vertoning, Goue Oues. Maar wat maak ‘n treffer tydloos? Wat maak van ‘n liedjie ‘n “goue oue”? “Goue oues is daardie liedjies wat in jou herinneringe weerklink”, sê Alwyn. “As jy die liedjie hoor, neem dit jou skielik terug na die verlede en al die herinneringe wat daarmee gepaard gaan. Goeie herinneringe. Jou eerste soen, jou eerste afspraak goue herinneringe”. Elke generasie het sy goue oues, en tydlose treffers sal aanhou floreer namate nuwe geslagte ouer wysies ontdek van die tyd toe hul ouers en / of grootouers grootgeword het. “Dit anker jou”, sê Alwyn. “Met die nuwe tegnologie kan die kinders van vandag ouer, tydlose treffers op hul fone of mp3-spelers ontdek en aflaai, en verseker dat die goue oues altyd tydloos bly.”

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com