09 – 14 April 2026
MSC Opera
Please choose a show time
Event Details:
Lefra Produksies en RSG se baie gewilde Oppiwater Kunstefees word volgende jaar vir die twaalfde keer aangebied van 09 – 14 April 2026. Ons hou kunstefees aanboord die mooie MSC Opera vanaf Kaapstad tot in Namibië en dan weer terug Kaapstad toe.
U kan ook MSC Cruises direk skakel by 011 844 6073. Ons beveel egter ons gaste aan om sommer direk aanlyn op bogenoemde skakel te bespreek, want die inbelsentrum is nogal besig. Die aanlyn besprekings is baie maklik en moeitevry.
Die Oppiwater Feesprogram sal op 1 Oktober 2025 bekend gemaak word. Daarna kan u die Feeskaartjies bespreek by www.LTickets.co.za
LW: Die Oppiwater Fooi sluit geen individuele produksies se kaartjies in nie, maar u kry die Oppiwater Feeskaartjies teen goedkoper gesubsidieerde pryse (van R75.00 tot R225.00 per kaartjie in teenstelling met kommersiële kaartjies van R190.00 tot R350.00). Ons sal wel ‘n kaartjieskantoor op die MSC Opera hê, maar dan gaan u in Dollars moet betaal $17 (ongeveer R340.00). Ons feesgangers word aanbeveel om u kaartjies in SA te bespreek met Rande.
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com