Select Page

 03 & 06 April 2025

 Absa Burgersentrum

 From R270 – R290

Please choose a show time

Event Details:

MET: André Schwartz, Arina de Witt, Louis Loock, Stephanie Baartman, Joshua Oosthuizen, Chanie Jonker, Rixi Roman en Theuns Botha
TEKS EN REGIE: Frans Swart
MUSIEKREGIE: Chanie Jonker

Ondersteun deur Britz Couriers & Removals, Ambassador Execudrive, Van Loveren Wyne, Hollywood Costumes en Lift

Einde September 2024 was dit 25 jaar sedert die legendariese stem van Gé Korsten, Suid-Afrika se eerste ware superster, vir altyd stil geword het. Sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word gevier in hierdie huldeblykproduksie. Oudiovisuele argiefmateriaal word teen ’n reuseskerm geprojekteer om die gehoor ’n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte in Gé Korsten as kunstenaar, mens en vader te bied. Sy musikale nalatenskap word op ’n vars manier herinterpreteer deur vier van die land se voorste kunstenaars. ’n Volle orkes, onder leiding van musiekregisseur Chanie Jonker, sluit by hulle aan.

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com