05 & 06 April 2025
Absa Studio
From R205 – R225
Please choose a show time
Event Details:
MET: Wynand Strydom en Chanie Jonker (klavier)
TEKS EN REGIE: Frans Swart
MUSIEK: Koos du Plessis
MUSIEKREGIE: Wynand Strydom
STEMKUNSTENAAR: Frans Swart
VERVAARDIGER: Wynand Strydom Produksies
“Trek my liedjies uitmekaar uit en skryf oor hulle,” het Koos du Plessis gesê, “maar los my uit . . . ek is ’n doodgewone ou.” Koos Doep, soos hy in die volksmond bekend staan, sou in 2025 sy 80ste verjaarsdag gevier het. En tog, ’n goeie 40 jaar ná sy dood as daar gepraat word van “Koos”, dan weet bykans enige persoon van wie daar gepraat word en daar is dadelik ’n klomp treffers wat by ’n mens opkom, waaronder “Sprokie vir ’n stadskind”, “Kinders van die wind”, “Gebed” en “As almal ver is”. Dit is die omvang van Koos du Plessis se bekendheid en sy invloed op Afrikaans en Afrikaanse musiek. Waarom dit so is, is die onderwerp van menige debat, partykeer in die lesingsale van universiteite, maar meestal in die middernagure, met ’n “Kinders van die wind” of ’n “Skielik is jy vry” wat iewers in die agtergrond speel. Natuurlik met ’n goeie bottel rooiwyn, Koos Doep se gunstelingdrankie.
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com