07 Augustus 2025
Glaskas @ Boesies, Lake Umuzi
R170
Please choose a show time
18:30 – 19:40
Event Details:
With: Margit Meyer-Rodenbeck
Director: Jurgen Human
‘n Gehoorlid skryf op 16 Aug: “Margit Meyer-Rödenbeck neem jou op ‘n super humoristiese en verfrissende wyse op reis deur ‘n veranderende wêreld! Jy huil soos jy lag terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. UITSTEKEND!!!”
Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het NOG ‘n paar dinge om kwyt te raak.
Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ʼn formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met die dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie Ken nie, En “takt” is een van hulle.
Rafiek Mammon skryf in Die Burger van 29 Maart met Ouma se opening by die KKNK 2024: “Meyer-Rödenbeck is nou maar eenmaal ‘n staatmaker- op soveel vlakke. As aktrise stel sy nooit teleur nie; nog minder as komediant. En nog minder as intelligente waarnemer van die menslike toestand. Meng dit met storievertellery uit die boonste rak, dan is jy mos in komediehemel. Ek praat nou Tolla van der Merwe en Jan Spies se vernuf as storievertellers.”
Age Restriction:
Geen onder 13
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com