Select Page

 20 September 2025

 Umuzi Teater, Lake Umuzi

 From R110 – R140

Please choose a show time

10:00 – 11:30

Event Details:

Verna Vels se geliefde Liewe Heksie, wat terloops op 42 April verjaar (ja, 42!), kruip geslag ná geslag diep in kinderharte. Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Mattewis die kat altyd naby om te help. Die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats kuier by die Umuzi Kunstefees. Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam. Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans. Ná pouse is dit dan Liewe Heksie en die tuindwergie, waar ons Casper die tuindwerg ontmoet. Toe Casper die tuindwerg op ’n dag wakker word in Liewe Heksie se tuin, is daar drama van begin tot einde. Want wie is dit agter daardie boom? Kan dit ’n stoute Gifappeltjie wees?

Age Restriction:

None

Organiser:

LAKE UMUZI (Alma Swart)

083 657 5411
alma@lakeumuzi.co.za