27 September 2025
Umuzi Teater, Lake Umuzi
From R150 – R180
Please choose a show time
19:00 – 20:20
Event Details:
In 2025 vier ons die merkwaardige loopbaan van Richard van der Westhuizen – ’n kunstenaar wie diep spore in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf laat. Vir vier dekades lank voer Richard gehore mee. Vanaf sy verhoogdebuut in Die van Aardes van Grootoor in 1979, tot sy onvergeetlike vertolking van die temalied vir Ballade vir ’n Enkeling, het Richard ’n unieke vermoë ontwikkel om die hart van ’n storie te vertolk – of dit nou op die verhoog, voor die kamera, of agter ’n mikrofoon is.
Regisseur Frans Swart het vir Richard oortuig om na 20 jaar weer ‘n lekker verhoogrol aan te pak. Hy is tans te sien in Lefra Produksie se treffer produksie, Vlerksleep. Met bekroonde rolle in teaterproduksies, gewilde televisiereekse, rolprente, en ’n musiekloopbaan wat goudstatus behaal het, staan Richard as ’n toonbeeld van volgehoue toewyding en kunstenaarskap. Hy is nie net ’n verteller nie – hy is ’n bewaker van die Afrikaanse taal, ’n draer van kultuur, en ’n stem vir ’n volk se verlange en vreugde. In die produksie Richard van der Westhuizen 40 eer ons nie net ’n loopbaan nie, maar ’n lewe van kreatiewe oorgawe.
Age Restriction:
None
Organiser:
LAKE UMUZI (Alma Swart)
083 657 5411
alma@lakeumuzi.co.za