Select Page

 09 November 2025

 Die Boer

 R200

Please choose a show time

Event Details:

Soos ’n bontspul vygies wat in ’n dorre Sandveldse landskap uitbars, so kleurryk is die mense wat hierdie streek aan ons land se Weskus hul tuiste noem. Sommige groots soos hul omgewing, of klein en dwaas soos mense ook maar is. Botha Enslin bring ’n keur van gewilde kontreistories, geskryf in tipiese streekstaal wat handel oor ’n unieke wêreld en sy mense, na die verhoog toe in Die Pomporrelkonsert by Die Boer Restaurant teater in Durbanville op Sondag, 9 November om 14:00.

“Daar is Oompie Paul se Groot Nood¸ Die Dood vannie Founmannetjie en Die Oorbesige prekkereer wat begin: “Kyk, ek weet nou nie of jy die storie ken vannie moles wat daar die keer innie hemel gewees ‘t toet Petrus die duiwel wel gedagvaar ‘t nie…”. Ons ontmoet ook vir Pensie, nurse Drientjie van Schalkwyk, Tanta Anna, sy met die wye tande en natuurlik Dirk Ligter, die nimlike hy…”, sê Botha, wat in die produksie lewe gee aan meer as 20 karakters. “Botha Enslin is ‘n meester van karakterisering”, sê regisseur Frans Swart. “Hierdie man kan net met ‘n draai en ‘n beweging vir jou die volgende karakter gee. Hy is ongelooflik talentvol.”

Die produksie word met die trotse ondersteuning van Ambassador Execudrive, Britz Couriers and Removals, Hollywood Costumes, Lift-lugredery, Van Loveren Wyne, Vellie Boutique en WS Pianos aangebied.

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com