09 April 2026
MSC Opera, Byblos Discoteca
From R150
Please choose a show time
18:30 – 20:00
Event Details:
Met: Sue Diepeveen, Ignatius van Heerden, Penny Wolhuter, Ryan Rossouw
Teks: Johann Smith, Henque Heymans
Regisseur: Johan van der Merwe, Jhann Smith
Prooi/Prey is ‘n meesleurende teaterervaring waarin die gehoor ervaar hoe ‘n sindikaat te werk gaan. Met hul aankoms by die vertoning word die gehoor in twee groepe verdeel. Albei groepe ervaar drie stories gelyktydig op ‘n roterende basis. Die werk vertel die verhaal van ‘n jong meisie wat geëmigreer het en vir mensehandel geteiken word, ‘n ouer seun wat vir sy organe verkoop gaan word, en die hoofleier van die sindikaat.
Leftfoot Theatre Productions en The Drama Factory span kragte saam om hierdie ervaring na gehore in Suid-Afrika te bring. Hierdie boeiende drama delf in die lewens van individue wat geraak word deur mensehandel en orgaanhandel, ontbloot die harde waarhede en ontketen noodsaaklike gesprekke.
PROOI/PREY het sopas sewe Vryskitter-toekenningbenoemings by die Vrystaat Kunstefees ontvang en vier kategorieë gewen, insluitend Beste Produksie, Beste Regisseur en Mees Sny-op-die-rand teaterproduksie.
Age Restriction:
Slegs 18+ (SNVL/GBV)
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com