10 April 2026
MSC Opera, Byblos Discoteca
From R195
Please choose a show time
12:00 – 14:00
Event Details:
Met: Johan Rademan, Christo Snyman en ingelei deur Van Loveren Wynse se Wynand en Pennie Retief.
‘n Heerlike interaktiewe Wynproe deur Van Loveren Wyne – VRL – met Van Loveren Wyne se Wynand en Pennie Retief, Christo Snyman (musiek) en Johan Rademan (verteller)
Goeie wyn, staaltjies, stories, gedigte en geliefde Afrikaanse luisterliedjies is goeie bedmaats! In WYNPROE 101 kry gaste die geleentheid om ‘n seleksie van wyne te proe. Johan Rademan(MC) is ‘n meester van die woord en versny Afrikaans101 en Pinotage 101 met staaltjies en stories en verse oor wyn Christo Snyman (sang en kitaar) neem ons op reis deur van ons bekendste musiek-en-liriek kunstenaars wat jou onwillekeurig wil laat neurie, jubel en juig.
Van Loveren Wyne bied vir ons die interaktiewe wynproe as ‘n bonus aan tydens die vertoning en die wyne word wyn vir wyn ingelei deur die bekwame Wynand en Pennie Retief (Van Loveren Wyne)
Die suksesvolle VLR-wyne is in die hande van die vier Retief-neefs, Hennie, Bussel; Phillip en Neil, wat hierdie suksesstorie nog verder uitbou van pa Nico en pa Wynand.
Kom proe en kuier heerlik saam met Van Loveren Wyne.
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com