12 April 2026
MSC Opera, Teatro dell’Opera
From R150
Please choose a show time
12:00 – 13:25
Event Details:
Met: Nic de Jager, Coenie de Villiers (gesprekleier)
Musiek: Coenie de Villiers
Nic de Jager, aanbieder van die geliefde radioprogram Nic se goed, gesels weer oor sy ánder goed. In dié eenmalige aanbieding lig Frederik Nicolaas de Jager ná bykans 85 jaar die sluier en praat sélf oor sy liefdes, ervarings, teleurstellings en suksesse. Hy is ’n verteller soos min en ’n stylvolle raconteur wat nie skroom om die kollig hierdie keer op homself te rig nie. Die grepe uit sy lewe is onthutsend eerlik en terselfdertyd diep roerend. Dis Nic de Jager op sy beste: eerlik, spitsvondig en wel ter tale – met ’n sak wonderlike stories op die koop toe.
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com