Select Page

 13 April 2026

 MSC Opera, Teatro dell’Opera

 From R195

Please choose a show time

09:00 – 11:15

Event Details:

Met: Phillru van Achterbergh, Botha Enslin, Marissa Claasen, Danielle Britz, Nico Loubser, Stefan Lotter, Nikita Meyer
Teks: Ray Cooney, Pierre van Pletzen
Regisseur: Frans Swart

As jy dink jou lewe is ingewikkeld, plaas jouself vir ‘n oomblik in John Smith se skoene, daardie taxi-bestuurder van My Vrou se Man se Vrou met twee vrouens, en nou ook twee gesinne! Dis reg, in My Boetie se Sussie se Ou is dit agtien jaar later en hou John steeds twee families in verskillende dele van Londen aan, beide dolgelukkig en salig onbewus van mekaar. Maar wanneer sy twee tieners, ‘n dogter van die een gesin en ‘n seun van die ander, mekaar op ‘sosiale media raak gesels en angstig besluit om mekaar in die persoon te ontmoet, versnel John se reeds gejaagde lewe tot in die hoogste rat, en moet hy spook om hulle uitmekaar te hou. My Boetie se Sussie se Ou is die Afrikaanse verwerking van Ray Cooney se Caught in the Net, en onder die regie van Suid-Afrika se eie klugkoning Frans Swart.

In My Boetie se Sussie se Ou ontmoet ons weer vir John Smith (Phillru van Achterbergh), die Londense taxibestuurder wat saam met sy vrou Mary (Marissa Claasen) in Highgate gewoon het… en ook met sy vrou Barbara (Danielle Britz) in Finchley, net vier minute uitmekaar. Vicky (Nikita Meyer), John en Mary se dogter en Gavin (Stefan Lotter), seun van John en Barbara Smith, ontmoet in ‘n internetkletskamer en is angstig om in persoon te ontmoet. Hoekom nie? Hulle het dan soveel in gemeen, insluitend ‘n taxibestuurder-pa genaamd John Leonard Smith… wat natuurlik dieselfde persoon is. Wanneer John van hierdie jong internetromanse te hore kom, moet hy behoorlik bontstaan om sy “kinders” uitmekaar te hou en sy dubbelle lewe geheim te hou van sy kinders sowel as sy vrouens! John klop natuurlik by sy vriend Stanley Gardener (Botha Enslin) aan om hulp, wat skreeunsaakse leuens, verwarrende identiteite en geheimsinnige foonoproepe. En wanneer Stanley se seniele pa Dêda (Nico Loubser) opdaag vir ‘n vakansie , is die gort behoorlik gaar.

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com