Select Page

 14 Februarie 2026

 Die Pierneefteater

 From R250

Please choose a show time

19:00 – 20:15

Add to Cart R250

Event Details:

In Helenè Bester sing Nana Mouskouri bring die bekroonde sangeres Helenè Bester ’n roerende huldeblyk aan die tydlose Griekse ikoon in ’n elegante, romantiese produksie wat perfek is vir Valentynsdag. Die produksie is geskryf en geregisseer deur Frans Swart, met musikale leiding deur Heinrich Pelser, en vier Mouskouri se tydlose musiek en ongeëwenaarde. Helenè, wat al jare lank ’n aanhanger van Nana se stem en kunstenaarskap is, glo die tyd is veral nou reg om haar te eer, en bring ‘n volwassenheid, geloofwaardigheid en warmte na die produksie toe. Die produksie is by die Pierneefteater in Pretoria op die planke op Saterdag, 14 Februarie om 19:00, en bied aan paartjies en musiekliefhebbers ’n intieme, nostalgiese Valentynsaand. Die produksie word aangebied met die ruim ondersteuning van Ambassador Execudrive, Britz Couriers & Removals, Feeste.net, Hollywood Costumes, Lift-lugredery, Mobilis Auto, RSG, Van Loveren en The Piano Friend.

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com