29 Augustus 2026
AfriForum Teater
From R230
Please choose a show time
Event Details:
Met Elma Potgieter en David James
Deur Lauri Wylie
Regie Frans Swart
Dinner for One (ook bekend as The 90th Birthday) het kultusstatus verwerf nadat dit in 1963 in Hamburg verfilm is, en is vandag ’n geliefde Oujaarstradisie op televisie, en is eersdaags op die planke by die AfriForum Teater. Die skets speel af in ’n ou Britse herehuis waar Miss Sophie, gespeel deur Elma Potgieter, haar 90ste verjaardag vier. Haar gaste is egter lankal oorlede, maar haar lojale butler, James – gespeel deur David James – moet steeds die viergangmaaltyd bedien – en ook elke gas se drankie namens hulle drink. Met elke rondte raak James al hoe vroliker en die spanning bou wanneer hy telkens oor die tiervelmat moet stap.
As toegif volg Sopper vir Een, ’n Suid-Afrikaanse parodie deur Frans Swart. Hier speel Elma die butler en David vir Miss Sophie – met ’n verrassende, plaaslike kinkel wat groot pret beloof!
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com
