Select Page

 30 Augustus 2026

 AfriForum Teater

 From R220

Please choose a show time

Event Details:

Met: Wynand Strydom, Chanie Jonker (klavier) en Leon Gropp
Teks en regie Frans Swart

“Trek my liedjies uitmekaar uit en skryf oor hulle,” het Koos du Plessis gesê, “maar los my uit… ek is ’n doodgewone ou.”  Koos Doep, soos hy in die volksmond bekend staan, sou in 2025 sy 80ste verjaarsdag gevier het.  En tog, ’n goeie 40 jaar ná sy dood as daar gepraat word van “Koos”, dan weet bykans enige persoon van wie daar gepraat word en daar is dadelik ’n klomp treffers wat by ’n mens opkom, waaronder Sprokie vir ’n stadskind, Kinders van die wind, Gebed en As almal ver is.  Dit is die omvang van Koos du Plessis se bekendheid en sy invloed op Afrikaans en Afrikaanse musiek.  Wynand Strydom, in samewerking met Lefra Produksies, bring hulde aan Koos du Plessis in die trefferproduksie Koos Doep

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com