06 Augustus 2026
NG Kerk, Hermanus
From R200
Please choose a show time
Event Details:
Met: Stephanie Baartman en Bryan Schimmel (klavier)
Regie: Frans Swart
’n Skatkis uit ons musiekverlede is ’n ontroerende en nostalgiese musiekreis waarin Stephanie Baartman haar stem en storie verbind met die klanke wat generasies Suid-Afrikaners gevorm het.
Met Bryan Schimmel as pianis en musiekregisseur word hierdie produksie ’n intieme maar kragtige huldeblyk aan die liedjies – en veral die vroue – wat ons musieklandskap help vorm het.
Deur ikoniese liedjies en ligte humor word ’n musikale skatkis oopgemaak, van Miriam Makeba se wêreldklanke tot Afrikaanse gunstelinge van Laurika Rauch en Sonja Herholdt. Die produksie vier die ryk en veelstemmige erfenis van Suid-Afrikaanse musiek – ’n skatkis nie van goud nie, maar van stories, emosie en onvergeetlike melodieë.
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com
