08 Augustus 2026
NG Kerk, Hermanus
From R150
Please choose a show time
Event Details:
Met: Ana van Achterbergh, Botha Enslin, Elizma Byleveldt en Phillru van Achterbergh
Regie: Frans Swart
Verna Vels se geliefde Liewe Heksie bly ’n gunsteling wat geslag ná geslag diep in kinderharte kruip. Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde kat, Mattewis, altyd naby om te help.
In hierdie vrolike produksie kuier Liewe Heksie en haar maats die land vol met twee stories in een vertoning, propvol humor en verbeelding. Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer, waar Blommeland se koei, Botterblom, eensaam raak wanneer niemand by haar mag uitkom nie.
Ná pouse volg Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar die geheimsinnige Casper die tuindwerg vir groot opwinding en drama sorg. Hierdie is ’n kleurvolle en speelse vertoning wat jong gehore nooi om saam te lag, te wonder en deel te word van Liewe Heksie se wêreld.
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com
