26 Julie 2026
Fairtree Atterburyteater
From R250
Please choose a show time
Event Details:
Met: Wynand Strydom en Chanie Jonker op klavier
Wynand Strydom, in samewerking met Lefra Produksies, bring hulde aan Koos du Plessis in ‘n splinternuwe produksie Koos Doep. Wynand was nog altyd ‘n groot aanhanger van Koos se musiek en met sy diep, donker stem wat meesterlik Koos se liedjies vertolk en Chanie Jonker op klavier, is hierdie produksie ‘n moet sien alle Koos du Plessis-aanhangers.
Koos Doep is ’n roerende huldeblykproduksie waarin Wynand Strydom met rou eerlikheid die tydlose musiek van Koos du Plessis laat herleef. Met ’n stem wat die diepte en nostalgie van Koos se lirieke vasvang, bring Wynand ’n onopgesmukte vertoning wat die siel van hierdie legendariese sanger en liedjieskrywer eer. Elke liedjie dra die gewig van Koos se poëtiese hart, en Koos Doep word ’n intieme reis deur verlange, hoop en die skoonheid van eenvoud.
“Trek my liedjies uitmekaar uit en skryf oor hulle,” het Koos du Plessis gesê, “maar los my uit… ek is ’n doodgewone ou.” Koos Doep, soos hy in die volksmond bekend staan, sou in 2025 sy 80ste verjaarsdag gevier het. En tog, ’n goeie 40 jaar ná sy dood as daar gepraat word van “Koos”, dan weet bykans enige persoon van wie daar gepraat word en daar is dadelik ’n klomp treffers wat by ’n mens opkom, waaronder “Sprokie vir ’n stadskind”, “Kinders van die wind”, “Gebed” en “As almal ver is”.
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com
