15 Februarie 2027
MSC Armonia, The Cigar Room
From R850
Please choose a show time
09:00 – 12:00
Event Details:
ONDER LEIDING VAN Hannelie Swart
Kom maak jou eie skildery terwyl jy ‘n heerlike glasie Van Loveren Wyn geniet! Jou gasvrou is Hannelie Swart, ‘n kunstenaar in eie reg met ‘n Meestersgraad in Visuele Kunste. Sy is ook bekend vir haar kuns as heling sessies (kunsterapie) en is ‘n kenner op die gebied waar die onderbewuste ontdek word vir self-verryking en self-kennis. Hierdie eiesoortige kunsmeestersklas, met ‘n lekker glasie wyn in die hand, gaan jou help om jou eie unieke skildery in ‘n prettige en rustige atmosfeer te teken en te verf. Geen kunstalent of kunsopleiding is nodig nie, want Hannelie gaan jou stap vir stap deur die proses vat. Alle kunsmateriaal en Van Loveren Wyn sal voorsien word en is ingesluit in jou fooi. Jy gaan hierdie opwindende sessie verlaat met jou eie A3 skildery. Bespreek vinning want die Skilder en Wyn sessie word beperk tot net 20 persone per klas. Die sessie sal drie ure neem
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com
