09 – 13 April 2026
MSC Opera, BBP Area (Dek 12)
From R650
Please choose a show time
09 April @ 18:00 – 23:00
10 – 13 April @ 09:00 – 23:00
Event Details:
BESPREEK JOU VIP-PLEKKIE
Al ons gaste is Baie Belangrike Persone (BBP’s), maar na vele versoeke het ons ‘n ekstra bederfie vanjaar ingebring met die skepping van ‘n spesiale VIP-area op Dek 12. Slegs BBP-persone wat hiervoor bespreek het, sal toegang tot die area hê.
Die kostes is R1 250 per persoon en slegs 30 persone sal toegelaat word. Jou VIP-kaartjie gee jou die volgende voordeel:
1. Private toegang tot die VIP-area op Dek 12 vir die volle Fees (5 dae)
2. Die VIP-area sal beskikbaar en oop wees van 18:00-23:00 op 9 April & 09:00 – 23:00 10 – 13 April
3. Heerlike gemaklike stoele
4. Kyk uit op die Dek en al die aktiwiteite
5. Eksklusiewe kelners wat u met drankies gaan bedien (LW: Hulle gaan nie etes daar bedien nie, maar u is natuurlik welkom om u bord kos daar te gaan geniet) Kelners word toegedeel om die BBP-area te diens, maar onthou hulle moet steeds na die verskillende kroee toe gaan om u bestelling te kry. Daar is NIE ‘n kroeg op die VIP-area nie)
6. Jou eie private VIP-area vir die Dekpartytjie op Vrydag, 10 April 2026. Daar is ook heelwat dek aktiwiteite wat jy van jou “hoekie” sal kan geniet.
Bespreek nou HIER en geniet Oppiwater nog MEER!
Kom kry JOU kuns Oppiwater!
Bepalings en voorwaardes:
1. Indien die weer dit nie toelaat nie, sal die VIP-area NIE bedien word nie;
2. Kelners sal u eksklusief bedien, maar u besef dat daar nie ‘n kroeg by die VIP-area is nie en
dat kelners drankies van die verskillende kroee moet bedien.
3. Die kelners gaan nie enige etes bedien nie, maar slegs drankies
4. Daar word niks ekstra aangebied as wat hierbo van melding gemaak word.
Dit is basies eksklusiewe VIP-sitplekke met eksklusiewe kroegbediening.
Moet asseblief NIKS meer verwag nie.
5. Daar word slegs voorsiening gemaak vir 30 persone.
Geen ekstra vriende of gaste sal daar toegelaat word wat nie die VIP-pakket bespreek het nie.
6. Streng sekuriteit sal toegepas word en gaste wat hul wangedra sal die VIP-area verbied word.
7. Die VIP-area is totaal afhanklik van die weerstoestande en indien die weer swak is, sal die VIP- area ook nie bedryf word nie.
8. Indien u vir die VIP-area bespreek het, sal verdere reelings met u gekommunikeer word.
Hou asseblief by daardie reelings.
9. Elke persoon wat die VIP-pakket bespreek, onderskryf hierdie bepalings en voorwaardes.
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com
