Select Page

 12 April 2026

 MSC Opera, Piazza di Spagna

 From R150

Please choose a show time

14:00 – 15:15

Event Details:

Met: Botha Enslin
Teks: Ferdinand Desit, Jan Spies, Boerneef, Frans Swart
Regisseur: Frans Swart

Soos ’n bontspul vygies wat in ’n dorre Sandveldse landskap uitbars, so kleurryk is die mense wat hierdie streek aan ons land se Weskus hul tuiste noem. Sommige groots soos hul omgewing, of klein en dwaas soos mense ook maar is. Botha Enslin bring ’n keur van gewilde kontreistories, geskryf in tipiese streekstaal wat handel oor ’n unieke wêreld en sy mense, na die verhoog toe in Die Pomporrelkonsert.

“Daar is Oompie Paul se Groot Nood¸ Die Dood vannie Founmannetjie en Die Oorbesige prekkereer wat begin: “Kyk, ek weet nou nie of jy die storie ken vannie moles wat daar die keer innie hemel gewees ‘t toet Petrus die duiwel wel gedagvaar ‘t nie…”. Ons ontmoet ook vir Pensie, nurse Drientjie van Schalkwyk, Tanta Anna, sy met die wye tande en natuurlik Dirk Ligter, die nimlike hy…”, sê Botha, wat in die produksie lewe gee aan meer as 30 karakters. “Botha Enslin is ‘n meester van karakterisering”, sê regisseur Frans Swart. “Hierdie man kan net met ‘n draai en ‘n beweging vir jou die volgende karakter gee. Hy is ongelooflik talentvol.”

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com