07 November 2025
Die Koelkamers, Paternoster
From R184 – R322
Please choose a show time
Event Details:
“Man, ou Lettie Ingelbrê het baie gedoen hier in ons buurt … bak virrie kjerkbesaar, blomme insteek by die troues, waak by die siekes … alles …haar hanne ‘t vir niks ve’keerd gestaan nie … Maar kan ‘ie ou mens vir jou geskinner ‘t! Dis nou een swak wat die ou siel gehad ‘t wat sy nie ontslae van kan geraak ‘t nie. Dit ennie vrees virrie dood…” Ja, soos ’n bontspul vygies wat in ’n dorre Sandveldse landskap uitbars, so kleurryk is die mense wat hierdie streek aan ons land se Weskus hul tuiste noem. Sommige groots soos hul omgewing, of klein en dwaas soos mense ook maar is, soos onse Lettie Engelbrecht hierbo. Botha Enslin bring ’n keur van gewilde kontreistories, geskryf in die tipiese streekstaal wat handel oor ’n unieke wêreld en sy mense, na die verhoog toe in Die Dood van die Founmannetjie en ander Ferdinand Deist Weskusstories.
“Daar is Oompie Paul se Groot Nood¸ Die Pomporrelkonsert en Die Oorbesige prekkereer wat begin: “Kyk, ek weet nou nie of jy die storie ken vannie moles wat daar die keer innie hemel gewees ‘t toet Petrus die duiwel wel gedagvaar ‘t nie…”. Ons ontmoet ook vir Pensie, nurse Drientjie van Schalkwyk, Tanta Anna, sy met die wye tande en natuurlik Dirk Ligter, die nimlike hy…”, sê Botha, wat in die produksie lewe gee aan meer as 30 karakters. “Botha Enslin is ‘n meester van karakterisering”, sê regisseur Frans Swart. “Hierdie man kan net met ‘n draai en ‘n beweging vir jou die volgende karakter gee. Hy is ongelooflik talentvol.”
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com