13 April 2026
MSC Opera, Piazza di Spagna
From R150
Please choose a show time
16:00 – 17:20
Event Details:
Met: Arina de Witt, André Lötter
Teks: Braam van der Vyver
Regisseurs: Johan van der Merwe, Marie-Heleen Coetzee
Prof: Mara: Jy’s ’n loser, Blaise.
Blaise: Ek’s nié ’n loser nie. Ek het bad luck gestrike … en ek het verkeerde besluite geneem.
Prof: Mara: Jy’t niks op jou eie bereik nie, Blaise. Dit wat op jou miserabele CV-tjie staan het jy met my hulp bereik.
Prof. Mara Brandt is die nuut aangestelde rektor van die Sentraal-Wes Universiteit. Sy is in haar suite in ‘n boetiekhotel besig om voor te berei vir ‘n gesprek met skenkers van die universiteit, wanneer Blaise Breytenbach onverwags opdaag. Blaise is die hoof van sy eie reklame-agentskap en was Mara se minnaar toe hy haar student was. Sedertdien het hulle ‘n stormagtige verhouding gehad, waartydens sy hom dikwels uit die moeilikheid gehelp het. Hierdie keer is hy egter in diep finansiële moeilikheid. Beskuldigings vlieg heen en weer en kort voor lank is afpersing op die tafel, maar Mara is nie ‘n katjie wat sonder handskoene hanteer kan word nie …
Age Restriction:
Geen onder 13
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com