22 March 2025
MSC Musica, Q32 Disco
R120
Please choose a show time
21:00- 22:15
Event Details:
met Fatman
Grap-man Johan Brümmer, oftewel Fatman, is gebore om mense te vermaak met sy kenmerkende stem en groter-as-groot persoonlikheid. Dis juis hierdie eienskappe wat gemaak het dat Fatman musiekliefhebbers se harte te verower tydens die blinde oudisies van die tweede seisoen van die werklikheidsprogram, The Voice SA. Fatman het sedertdien die klankbaan van menigte partytjie verskaf en skop die Oppiwater Kunstefees af met ou en nuwe gunstelinge. Bring jou dansskoene!
Nadat hy groot sukses as deelnemer aan The Voice SA behaal het, het Fatman se eerste album, Boom baby, in 2017 verskyn. Daarna het hy die treffers ingeryg – SOS, DORP TOE, VUIL COKE en OOM OLIFANT.
Fatman, wie se regte naam Johan Brummer is, het jare se ondervinding in die musiekbedryf en het baie lank saam met Pieter Smith opgetree en getoer. ‘n Hele klompie jare het hy by die Randse Paasskou opgetree. Sy vriend, Garth Collings, het uit verveeldheid mense wat verbystap gestop en gesê: “As jy ‘n prys wil wen, see if you can lift up the fat man!” Sy destydse bestuurder, Danie Haasbroek het toe aanbeveel dat hy FATMAN as verhoognaam gebruik. En dis hoe Fatman gebore is. Die vervaardigers van The Voice wou opsluit sy naam terug verander na Johann Brümmer. Gelukkig het sy afrigter voet by stuk gehou en het The Voice steeds gehou by FATMAN. “Ons het destyds gedink dit sou ‘n lekker bewustheid teweeg bring. Wat maak dit tog saak as jy vet is?” vra Brümmer.
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com