Select Page

 11 April 2026

 MSC Opera, Teatro dell’Opera

 From R195

Please choose a show time

09:30 – 11:00

Event Details:

Met: Andrè Schwartz, Arina de Witt, Louis Loock, Stephanie Baartman, Chanie Jonker, Theuns Botham, Hansie Roodty, Angelo Roman
Teks: Frans Swart
Regisseur: Frans Swart
Musiekregisseur: Chanie Jonker

Dit is meer as 25 jaar sedert die legendariese stem van Suid-Afrika se eerste ware superster, Gé Korsten, vir altyd stil geword het, en sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word gevier in Frans Swart se huldeblykproduksie, Gé Sing: Hoor My Lied! Die produksie word op Sondag, 29 September om 15:00, die 25ste herdenkingsdag van Gè se afsterwe, by die Theatre of Marcellus by Emperors Palace aangebied.

Frans Swart, regisseur van Gé Sing: Hoor My Lied sê dit is vir hom ‘n besondere groot voorreg om hulde te bring aan hierdie ikoniese sanger en kunstenaar. “As daar ooit ‘n superster in Suid-Afrika was, dan was dit Gé! Ek was bevoorreg om Gé persoonlik te kon geken het, want as jong kameraman by SAUK-TV, was ek kameraman vir ‘n paar seisoene van die gewilde TV-program, Gé Sing. Daarna het ons baie goeie vriende geword en het ek die mees ongelooflike respek vir hierdie kunstenaar ontwikkel. Hy was nie net sanger nie, maar hy was ‘n mentor vir soveel mense in die bedryf. Hy was gesinsman, adminstrateur, vriend, akteur, sanger, orator, vegter vir die opera en legende!”

In die produksie Gé Sing: Hoor My Lied word oudiovisuele argiefmateriaal teen ‘n reuse skerm geprojekteer om die gehoor ‘n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte oor Korsten as kunstenaar, mens en vader te bied. Sy musikale nalatenskap word op ‘n vars manier herinterpreteer deur vier van die land se voorste kunstenaars: Andrè Schwartz, Louis Loock, Arina de Witt en Stephanie Baartman. ‘n Volle orkes, onder leiding van musikale regisseur Chanie Jonker begelei viermanskap. Die regie en teks deur Frans Swart

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com