Select Page

 27 Junie 2026

 Voortrekkermonument, Pretoria

 From R250

Please choose a show time

Voortrekkermonument

Voortrekkermonument
Trappe (Voor) Vloer Trappe (Agter)

Trappe (Voor)

R300 - R325

Vloer

R350

Trappe (Agter)

R250

Event Details:

Met: Andrè Schwartz, Arina de Witt en Stephanie Baartman
Teks: Frans Swart
Regisseur: Frans Swart
Musiekregisseur: Chanie Jonker

Dit is meer as 25 jaar sedert die legendariese stem van Suid-Afrika se eerste ware superster, Gé Korsten, vir altyd stil geword het. Met die majestueuese Voortrekkermonument aan die een kant en die pragtige sonsondergang oor Pretoria aan die ander kant, word sy lewe, loopbaan en fenomenale talent gevier in Frans Swart se huldeblykproduksie, Gé Sing: Hoor My Lied!

Frans sê dit is vir hom ‘n besondere groot voorreg om hulde te bring aan hierdie ikoniese sanger en kunstenaar. “As daar ooit ‘n superster in Suid-Afrika was, dan was dit Gé! Ek was bevoorreg om Gé persoonlik te kon geken het, want as jong kameraman by SAUK-TV, was ek kameraman vir ‘n paar seisoene van die gewilde TV-program, Gé Sing. Daarna het ons baie goeie vriende geword en het ek die mees ongelooflike respek vir hierdie kunstenaar ontwikkel. Hy was nie net sanger nie, maar hy was ‘n mentor vir soveel mense in die bedryf. Hy was gesinsman, adminstrateur, vriend, akteur, sanger, orator, vegter vir die opera en legende!”

In die produksie Gé Sing: Hoor My Lied word oudiovisuele argiefmateriaal teen ‘n reuse skerm geprojekteer om die gehoor ‘n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte oor Korsten as kunstenaar, mens en vader te bied. Sy musikale nalatenskap word op ‘n vars manier herinterpreteer deur vier van die land se voorste kunstenaars: Andrè Schwartz,  Arina de Witt en Stephanie Baartman. ‘n Volle orkes, onder leiding van musiekregisseur Chanie Jonker hulle. Die regie en teks deur Frans Swart

Belangrike Inligting:

VRYWARING | TRAPPE (AGTER)
Die vertoning vind op die ikoniese trappies van die Voortrekkermonument plaas. Aangesien daar nie stoele op die trappe geplaas kan word nie, sit gaste direk op die trappe. Ons beveel aan dat u ’n sitkussing of klein kombers saambring vir u eie gerief.
DISCLAIMER | STEPS (BACK)
The show takes place on the iconic steps of the Voortrekker Monument. As chairs cannot be placed on the steps, guests will be seated directly on the steps. We recommend that you bring a cushion or small blanket for your own comfort.

Die vertoning begin om 18:00, maar die hekke maak reeds 13:00 oop. Daar gaan’n kultuurmark wees om te besoek.

’n Afsonderlike en verpligte erfenisheffing van R20.00 per voertuig word gehef en is by die hek betalbaar en is nie by jou kaartjieprys ingesluit nie. Dis heffing sluit wel jou parkering in.

WEER- EN TERUGBETALINGSVRYWARING

Let asseblief daarop dat hierdie konsert ’n buiteluggeleentheid is en sal voortgaan ongeag weerstoestande, insluitend reën. Konsertgangers word aangeraai om gepas voor te berei en, indien nodig, sambrele of reënjase saam te bring vir hul eie gerief. Geen terugbetalings of omruilings sal toegestaan word in die geval van ongunstige weerstoestande of enige ander rede wat deelname aan die geleentheid mag beïnvloed nie. Deur ’n kaartjie aan te koop, aanvaar die kaartjiehouer hierdie bepalings en voorwaardes.

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com