24 March 2025
MSC Musica, Teatro La Scala
R190
Please choose a show time
21:00 – 22:15
Event Details:
Met André Schwartz en Coenie de Villiers
Twee van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars span kragte saam om ‘n weergalose musiekvertoning vir die verhoog te skep. Die immer-gewilde André Schwartz en Coenie de Villiers kombineer hulle talente en ervaring in die musiekproduksie GRENSLOOS. Hulle is opgewonde oor die samewerking wat reeds voor vol sale dwarsdeur Suid-Afrika gespeel het.
André en Coenie is dit eens: “Ons dreig reeds jare lank om saam te werk en dis heerlik om dit nie alleen te kan dóén nie, maar om te sien hoe gehore dit geniet!”
Nie alleen sing André Schwartz in hierdie produksie nie, maar hy skuif self agter die klawers in. “Mense ken hom as die Phantom of the Opera in Webber se gelyknamige musiekspel,” vertel Coenie. “Maar hy is ook ‘n uitsonderlike pianis.”
Waarom die titel GRENSLOOS? “Dit beteken sonder grense, en dit beteken ook ons huil oor niks nie. Ons wou ‘n produksie skep wat grense tussen mense en grense tussen lande oorskry,” sê André. “Daar is pragtige bekende en minder bekende liedere uit Frankryk en Holland – en dan natuurlik aangrypende liedere uit Suid-Afrika. Ons speel ook van ons eie komposisies, insluitend ‘n paar nuwes wat mense nog nooit gehoor het nie.”
Dis ‘n vertoning wat mense aangryp. “Dis lekker om ‘n staande ovasie in die middel van ‘n vertoning te kry,” meen die twee musikante. “Ons moes lankal saam gewerk het!”
Age Restriction:
None
Organiser:
LEFRA PRODUCTIONS
011 815 3000
info@lefra.com