Select Page

  22 November 2026

 Fairtree Atterburyteater

 From R240

Please choose a show time

Event Details:

Vyftien jaar later is Grotman en Elize steeds getroud – maar is hulle steeds gelukkig? Die kinders is nou tieners, Grotman se rookseine het plek gemaak vir WhatsApp, e-posse en sosiale media, maar die verskille tussen mans en vrouens bly onveranderd. In Groet die Grotman 2 kyk Grotman Phillru van Achterbergh met baie humor na die moderne huwelik, waar vrouens steeds die gaarders is en mans die jagters – van ’n bok tot die regte TV-program! “Mans en vrouens lag saam met én vir mekaar,” sê skrywer en regisseur Frans Swart. “Dis amper soos huweliksberading, net met baie meer humor!”

Die produksie word met die trotse ondersteuning van Ambassador Execudrive, Britz Couriers & Removals, Feeste.net, Hollywood Costumes, LekkerFM, Lift Airlines, Mannah Gastehuis en Konferensiesentrum, Mobilis Auto, RSG, Shereno Drukkers en Van Loveren-wyne aangebied.

Age Restriction:

Ouerbegeleiding vir onder 13’s

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com