Select Page

 13 April 2026

 MSC Opera, Teatro dell’Opera

 From R150

Please choose a show time

18:30 – 19:45

Event Details:

Met: Lizelle Pike, Chanie Jonker
Regisseur: Nadia Beukes
Teks & Toonsettings: Jak J. Brits
Musiekregisseur: Chanie Jonker

“Bitterbessie Dagbreek, Bitterbessie Son…’n Spieël het gebreek tussen my en hom.”

Ingrid Jonker se woorde brand soos ’n vlam in die koue sneeu van haar tyd—onblusbaar, ongetem, en vol lewe. ’n Vlam in die Sneeu neem jou op ’n reis deur die geheime en ongesensuurde liefdesbriewe van Ingrid en André P. Brink, en weef hul passie, verlange, en hartseer saam met Ingrid se onsterflike poësie.

Hierdie musiek- en toneelproduksie is ’n viering van Ingrid se hart en gees—’n vrou wie se woorde die wêreld getroos het (en steeds doen), selfs al het haar eie hart gebreek. In haar reis het sy ook haar eie donkerte in die gesig gestaar—die stryd teen depressie (nes haar ma), wat haar lewe gekompliseer het maar haar kuns verryk het.

Oorspronklike nuwe musiek omhels haar bekende gedigte uit die digbundel Rook en Oker, sodat elke lied ’n briesie word wat deur jou siel beweeg. Kom beleef haar soeke na liefde, haar stryd na ontvlugting, en die roekelose hoop wat haar vlam helder laat brand het in die koudste van dae.

Ingrid – ’n Vlam in die Sneeu is ’n herinnering dat woorde en liefde selfs in die kaalste landskappe kan oorleef. Hierdie produksie, deurweef met musiek en poësie, sal jou hart aanraak en jou siel verwarm.

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com