Select Page

 27 September 2025

 Umuzi Teater, Lake Umuzi

 From R140 – R170

Please choose a show time

14:00 – 15:00

Event Details:

Magda Louw, die kletskous sonder ’n wag voor haar mond, gesels oor die waarde en waansin van woorde. Van lag en treur in jou hartstaal, en die dinge wat ons soms sê wat eerder net ’ edagte moes bly. Sy’t iets te sê oor die daaglikse uitdrukkings, gesegdes en idiome waarmee ons soms situasies ontlont, argumente probeer wen en gedrag regverdig. Van haar kop in ’n byenes steek tot op die hond se stert staan, speel sy oop kaarte sonder om heuning om enigiemand se mond te smeer. Magda kan nie ’n les in letterkunde gee nie, maar wat sy wel aanbied, is ’n les in kletterkunde. Sy vra die vrae waaroor sy self wonder: In watter taal droom jy? Waar kom sekere gesegdes vandaan en hoe maak mens as jy en jou lewensmaat en/of kinders verskillende weergawes van dieselfde taal praat?

Age Restriction:

Geen onder 14

Organiser:

LAKE UMUZI (Alma Swart)

083 657 5411
alma@lakeumuzi.co.za