Select Page

 14 – 19 Februarie 2027

 MSC Armonia

Please choose a show time

Event Details:

Lefra Produksies en RSG se baie gewilde Oppiwater Kunstefees word volgende jaar vir die dertiende keer aangebied van 14 – 19 Februarie 2027. Ons hou kunstefees aanboord die mooie MSC Armonia vanaf Durban tot Mosambiek en dan weer terug Durban toe.

U kan ook MSC Cruises direk skakel by 011 844 6073. Ons beveel egter ons gaste aan om sommer direk aanlyn op bogenoemde skakel te bespreek, want die inbelsentrum is nogal besig. Die aanlyn besprekings is baie maklik en moeitevry.

Die Oppiwater Feesprogram sal op 1 Oktober 2026 bekend gemaak word. Daarna kan u die Feeskaartjies bespreek by www.LTickets.co.za

LW: Die Oppiwater Fooi sluit geen individuele produksies se kaartjies in nie, maar u kry die Oppiwater Feeskaartjies teen goedkoper gesubsidieerde pryse(van R95.00 tot R250.00 per kaartjie in teenstelling met kommersiële kaartjies van R190.00 tot R350.00 per kaartjie). Ons sal wel ‘n kaartjieskantoor op die MSC Armonia hê, maar dan gaan u in Dollars moet betaal $18 (ongeveer R360.00). Ons feesgangers word aanbeveel om u kaartjies in SA te bespreek met Rande.

Age Restriction:

None

Organiser:

LEFRA PRODUCTIONS

011 815 3000
info@lefra.com