Meesterklas in Sang met Andrè Schwartz
Met Andrè Schwartz
- Vertoning Dinsdag 16 Februarie 2027 om 09:00
- PlekBar del Duomo, MSC Armonia
- Duur75 minute
- KaartjiesVanaf R150 + R5 bespreekfooi per kaartjie
Deel van Oppiwater Kunstefees 2027 — sien die volle feesprogram.
Bespreek
Kry jou kaartjies
Oor die produksie
Meesterklas in Sang met Andrè Schwartz
Op publieke aanvraag het internasionaal bekroonde sanger Andrè Schwartz besluit om sy kennis, tegnieke en praktiese ondervinding van ’n lewe in die teaterkollig, gedurende ’n unieke meesterklas-ondervinding te deel. Die meesterklas word aangebied voor ’n gehoor.
Berei jou voor om in te stap waar kuns en uitnemendheid ontmoet. Hierdie is nie net ’n klas nie — dit is ’n transformerende ervaring gelei deur ’n bekroonde meester van musiekteater.
In-diepte ontginning van vokale interpretasie, karakterontwikkeling en spel deur middel van sang word aangebied. ’n Sessie met Andre is soos ’n terapiesessie.
Hierdie sessie sal aangebied word met bekende sangers, maar ons Feesgangers kan ook hieraan deelneem. As jy sing en graag hulp van Andre wil ontvang, stuur ’n video-opname aan info@lefra.com. Slegs ses deelnemers vorm deel van hierdie meesterklas en is onderhewig aan vooraf keuring.